You are here

Back to top

Flentonsie: Nuuskierige klein laspos (Paperback)

Flentonsie: Nuuskierige klein laspos Cover Image
By Nanette Tredoux (Illustrator), Marie Tredoux
Email or call for price

Description


Die belewenis van 'n sensitiewe, nuuskierige klein dogtertjie wat grootword in 'n groot besige Afrikaanse familie, wat woeker en werskaf om 'n bestaan te maak in die 1930s. Hierdie is Marie Tredoux se eie storie, 'n kultuurskat vol kinderwysheid en oumens-'s goed. Liefdevol ge llustreer deur Nanette Tredoux.

About the Author


Marie Tredoux, gebore in 1929, het in Tiervlei grootgeword as die sesde kind in 'n werkersklasgesin van tien kinders. Sy is later opgelei as spoorweg-welsynwerkster, en het ook onderwys gegee. Marie het 'n diploma in spraak en dramakuns verwerf deur die Akademie vir Dramakuns, en heelwat radiowerk en verhoogwerk gedoen in die 1950s en 1960s. Sy tree nog steeds op as voordragkunstenaar en sanger. Marie is ook bekend as liedjieskrywer (musiek sowel as lirieke), en haar werk is opgeneem deur onder andere Jannie du Toit en Laurika Rauch. Sy het ook 'n musiekalbum genaamd "Optelgoed" die lig laat sien. Marie is vereer met 'n "Lewende Legende"-oorkonde deur die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging. Sy woon sedert 1985 aan die Weskus, in Jacobsbaai - die dorpie wat deur haar man Nic Tredoux ontwikkel is.

Product Details
ISBN: 9781503072961
ISBN-10: 1503072967
Publisher: Createspace Independent Publishing Platform
Publication Date: November 6th, 2014
Pages: 108
Language: Afrikaans